Zille oor DA se 25 jaar, en Jhb-burgemeesterspos


 

Die Demokratiese Alliansie vier vandeesweek sy 25ste bestaansjaar. Die party het tot stand gekom toe die destydse DP, onder leiding van Tony Leon, en Marthinus van Schalkwyk se NNP saamgesmelt het om ‘n groter opposisie teen die ANC te vorm. Die DA was vir jare lank die amptelike opposisie in die parlement, maar het verlede jaar die grootste vennoot van die ANC geword in die Regering van Nasionale Eenheid. Die DA regeer al jare lank die Wes-Kaap en Kaapstad en verskeie ander munisipaliteite.

Helen Zille, die DA se federale raadsvoorsitter, het ook haar naam in die hoed gegooi om die burgemeester van Johannesburg te word.