Wat nou van die RNE ná adjunkminister se afdanking?
Die afdanking van die DA-adjunkminister van Handel en Nywerheid, Andrew Whitfield, oënskynlik omdat hy en Emma Louise Powell van die DA vroeër vanjaar ‘n besoek aan Washington gebring het, bring die toekoms van die Regering van Nasionale Eenheid in gedrang. Die DA het gister ‘n dringende vergadering van sy Federale Uitvoerende Raad belê waar die kwessie bespreek is.
Ons praat hieroor met die oudredakteur van Beeld, Barnard Beukman.