Motorbedryf kreun onder tekort aan ambagslui


Suid-Afrika sit met ’n kritieke tekort aan motorwerktuigkundiges – ’n probleem wat nie net die motorherstelbedryf knou nie, maar ook die land se jongmense van broodnodige werk ontneem. In Gauteng alleen is daar meer as 100 vakatures in staatswerkswinkels, en van die polisievangwaens staan tot ’n jaar lank weens ’n gebrek aan gekwalifiseerde personeel. Maar dit strek veel verder as die staat. Oor die hele land sukkel werkswinkels om poste gevul te kry, terwyl duisende jongmense werk soek.

Ons praat hieroor met Pieter Niemand, die nasionale direkteur van die Werkswinkelvereniging van die Motorbedryf.