Meestersgraad in 10 maande – en nou lei hy in IT
Hy het nie eens IT as skoolvak gehad nie, maar Mikhail Edwards het sy meestersgraad in inligtingstegnologie aan die Universiteit van Pretoria in minder as ‘n jaar voltooi – met lof! Nou is hy die besturende direkteur van ’n sagteware-ontwikkelingsfirma, én besig met ’n PhD wat slim oplossings vir groot besighede ontwerp. Hoe kry ’n mens dit alles reg vóór jou 25ste verjaarsdag?