Afrikaans op Matie-kampus?


Afrikaans op die kampus van die Universiteit Stellenbosch bly maar ‘n netelige kwessie. In die jongste verwikkeling is daar ‘n mosie van vertroue in die rektor, prof. Wim de Villiers, deur die Senaat aanvaar.

De Villiers staar egter ook ‘n mosie van wantroue later vandeesmaand in die gesig, wanneer die universiteitsraad ontmoet. Albei die mosies is weens die bevinding van die Menseregtekommissie dat die Universiteit studente se menseregte geskend het omdat studente in sekere koshuise net Engels met mekaar moes praat.

Frederik van Dyk sluit nou by ons aan. Hy was voorheen die uitvoerende beampte van Studenteplein, ‘n organisasie wat hom beywer vir onder meer Afrikaans op Stellenbosch. Frederik is ook die sekretaris van die US-konvokasie. Die universiteit het ‘n uitnodiging om aan die program deel te neem van die hand gewys.