Alweer Fase 6-beurtkrag; Eskom se halstarrigheid


Fase 6-beurtkrag het vanoggend weer deel van Suid-Afrikaners se daaglikse handel en wandel geword. Eskom het aangekondig dat dit onbepaald sal voortduur. Volgens die Reserwebank kos Fase 6 die land ‘n reuse R900 miljoen per dag. En terwyl Suid-Afrika se grootste ekonomiese sentrum, Johannesburg, beurtkragverligting vir inwoners en sakeondernemings wil bring, weier Eskom en die nasionale energiereguleerder, Nersa. Boonop sê City Power, die Johannesburg-metro se elektrisiteitsverskaffer, sy elektrisiteitstelsel is besig om die gees te gee. Ons praat hieroor met Antoinette Slabbert, spesialisjoernalis by Rapport.