‘ANC abdikeer algaande regeerfunksies aan vervangende instellings’


Daar is groot afwagting oor die moontlikheid van ‘n regeringsverandering ná aanstaande jaar se verkiesing.

Die regering het al sekere van sy funksies geabdikeer. Die ANC-regime doen algaande afstand van regeerfunksies ten gunste van verskeie instellings wat as vervangende regerings die regime opsy skuif. Dis die mening van professor Koos Malan, ‘n konstitusionele juris, in ‘n onlangse artikel.