ANC se verwarring oor Internasionale Strafhof het diplomatieke gevolge


Vir die tweede keer in sewe jaar het Suid-Afrika aangedui hulle wil die Internasionale Strafhof verlaat. In 2016, nadat die regering nie die eertydse Soedanese president, Omar al’Bashir, in hegtenis geneem het nie, het oudpresident Jacob Zuma se regering aangedui Suid-Afrika, ‘n ondertekenaar van die Rome-statuut, die Internasionale Strafhof gaan verlaat. ‘n Hofbevel het dit egter verhoed. Vandeesweek was daar groot verwarring toe president Cyril Ramaphosa en Fikile Mbalula, ANC-sekretaris-generaal, bevestig het die regerende party het besluit die regering moet die strafhof verlaat. ‘n Paar uur later het die presidensie gesê Ramaphosa het ‘n fout gemaak, die land verlaat nie die strafhof nie. Wat is die diplomatieke gevolge hiervan?

Dr. Yolande Spies, direkteur van die diplomatieke studies-program aan die Universiteit van Oxford in Engeland, sluit by ons aan.