Artemis 1 lansering; ruimteklanke; die aarde draai al vinniger


Nuusflits: Toe baar die berg ‘n muis en die lansering van Artemis 1 word uitgestel. Die lansering is tydelik opgeskort ná ‘n brandstoflekkasie en enjinprobleme. Dalk word Artemis 1 Vrydag lanseer, dalk eers aanstaande maand.

Artemis 1 se lansering is uitgestel

Terug na Sterre en Planete:

‘n Groot deel van die program word gewy aan die lansering van die Artemistuig wat Maandag plaasvind. Dit sal die eerste keer sedert die Apollosendings wees wat pogings aangewend word om na die maan te gaan.

Die ruimte is vol klanke… as jy dit kan dekodeer. Hoe word dit gedoen? Die kenwysie van Sterre en Planete is byvoorbeeld saamgestel uit klanke wat van verskillende sterre af kom. Ons luister na klank wat sy ontstaan het in ‘n reuse gravitasiekolk.

Daar is ook inligting oor ‘n berig dat die aarde besig is om vinniger te draai.