Astronome vind reuse sterrestelsel


‘n Reuse sterrestelsel, die grootste ooit, is onlangs gevind. Die stelsel wat ‘n hele paar miljard ligjare weg is, is in die infrarooideel van die ligspektrum raakgesien. Prof. Matie Hoffman het die besonderhede.

Die nuwe sterrestelsel is ongeveer 3 miljard ligjare ver. Dit staan bekend as Alcyoneus, en is ‘n reuse radio sterrestelsel. Die galaksie is sowat 16.3 miljoen ligjare lank, teenoor ons eie galaksie van 106 000 ligjare.  Alcyoneus is dus ongeveer 153.77 keer langer as die Melkweg. Wetenskaplikes reken ook dat ‘n massiewe swart gat in die middel van hierdie pas-ontdekte sterrestelsel is. Die groot vraag is hóé die sterrestelsel tot dié geweldige omvang gegroei het.

Die James Webb-ruimteteleskoop het ook sy eerste ster waargeneem. Willie Koorts verduidelik hoe hulle geweet het na watter ster die teleskoop kyk.

Lees meer oor die nuwe sterrestelsel:

https://bgr.com/science/the-largest-known-galaxy-was-just-discovered-and-you-wont-believe-how-massive-it-is/

https://www.sciencealert.com/at-over-16-million-light-years-across-this-is-the-biggest-galaxy-ever-discovered

https://www.space.com/large-radio-galaxy-alcyoneus-discovery