BELA-wet: Waar en wolhaar


AfriForum en Solidariteit het ‘n streep in die sand getrek oor die omstrede wysigingswette op basiese onderwys, die sogenaamde BELA-wette. Die organisasies het gedreig om hulle hulp aan die regering te onttrek nadat adjunkpresident Paul Mashatile hulle genader het om te help op veral munisipale vlak, indien die BELA-wetgewing deurgevoer word. Intussen sê die beheerliggaam-organisasie, FEDSAS, die kar moenie voor die perde gespan word nie, en daar is verreikende veranderings aan die voorgestelde wetgewing aangebring. Nog ‘n onderwysorganisasie, Section27, meen die regering moeie toegee aan AfriForum en Solidariteit se eise nie.

Ons praat hieroor met dr. Jaco Deacon, bestuurshoof van FEDSAS, en Kallie Kriel, bestuurshoof van AfriForum.