‘Belowende tekens in stryd teen korrupsie’


Die stryd teen ongebreidelde korrupsie en misdaad in Suid-Afrika is nie uniek nie, en lande soos Amerika, Italië, Singapoer en Oekraïne het dieselfde ernstige probleme gehad. China beleef dit nou. Amerika het dekades gelede onder soortgelyke korrupsie deurgeloop as Suid-Afrika vandag.

Die proses om daarvan onstlae te raak was stadig, maar na baie jare, geslaagd.

In Suid-Afrika is daar belowende tekens in die stryd teen korrupsie. Dis die mening van die politieke en ekonimiese ontleder, JP Landman, in ‘n onlangse artikel op sy webwerf.