‘Bring ou wit mans terug om SA te help’


Bring ou wit mans terug om Suid-Afrika te help, pleit Beeld-joernalis Carla Lewis in ‘n onlangse meningsartikel in Beeld en op Netwerk24. Een van die grootste uitdagings by staatsmaatskappye, is die gebrek aan institusionele kennis en die oordrag van vaardighede ná demokratisering. ‘n Soort mentorskap het verlore gegaan.

Sogenaamde “ou wit mans” se rol kom telkens navore, soos toe Solidariteit ‘n lys van voormalige Eskom-werknemers, wat bereid is om Eskom in die kragkrisis by te staan, saamgestel en aan die regering en Eskom oorhandig het. Is dit werklik nodig, en tot water mate speel ideologie ‘n rol?

Flip Buys van Solidariteit en dr. Piet Croucamp van die Noordwes-Universiteit sluit by ons aan om hieroor te praat.