Begin typing your search above and press return to search. Press Esc to cancel.

CapeNature toegangsweek September 2017


Jy sal ‘n kluitklaplysie vir CapeNature se toegangsweek moet begin!

As deel van ons Erfenis- en Toerismedag-vieringe, bied ons jou gratis toegang tot ons natuurreservate tussen 18 en 25 September. Maar dis nie al nie, besoekers kan ook kosteloos van ons aktiwiteite ervaar.

Stem vir jou gunsteling CapeNature reservaat en wen ‘n naweek wegbreek ter waarde van R2000 – klik hier om deel te neem.

 

Hiedie toegangsweek, wil ons hê dat jy jou natuurlike erfenis moet verken.

Maak seker dat jy ’n Wêrelderfenisgebied, soos Majiesrivier, Jonkershoek, Kogelberg, Grootvadersbosch, Robberg of Anysberg natuurreservate, op jou lys insluit.

Vir wonderlike daguitstappies en om ’n verskeidenheid diere- en voëllewe te kan aanskou, onthou om Lambertsbaai, Stony Point, Rocherpan of Vrolijkheid natuurreservate op jou lys te sit.

Ons reservate is ook perfek vir ’n rustige lentedag uitstappie met die gesin en ’n piekniekmandjie in die kattebak.

Daar is baie om te belewe – jy sal nie die geleentheid wil misloop nie.

Onthou om jou fotos met die hutsteken #mynatuur en #myerfenis tydens toegangsweek met ons te deel.

Gratis toegang is net van toepassing op bewaringskostes en stap, bergfietsry en piekniek aktiwiteite. Toegangsweek is ongelukkig nie van toepassing vir enige verblyf, voorafbesprekings, perdry, multi-dag staproetes, konsessies of rotsblok-klim (bouldering) nie.

Besoek ons webtuiste www.capenature.co.za vir meer inligting, of skakel 021 483 0191 vir navrae oor dié spesiale geleentheid. Standaard Bs & Vs geld.