Carl Czerny, ‘n herondekte musikale genie en ’n SA premiére op RSG


Die klankopname van die Czerny Nonet word op 15 April (Goeie Vrydag) in ’n spesiale uitsending, deur RSG uitgesaai, tesame met Schubert se welbekende Forelle Kwintet.

Om die Czerny Nonet op die planke te plaas, is reeds sedert 2003 ’n droom van Willem Vogel, Artistieke Direkteur van Salon Music. So het hy toevallig in 2021 op die Petruccci webwerf op die transkripsie van die partituur afgekom en met befondsing van die Rupert Musiek Stigting en samewerking met Radio sonder Grense, ’n klank en video opname van stapel gestuur in die M1A ateljee by die SAUK.

Peter Cartwright

Nege top SA musici is ingespan hiervoor, naamlik

Peter Cartwright (klavier),

Carli d’Alebout

Carli d’Alebout (viool 1),

Chrtistopher Evans

Christopher Evans (viool 2),

Ken Craig (altviool),

Wernd van Staden (tjello),

Jurgens de Lange

Jurgens de Lange (kontrabas),

Lizet Smit

Lizet Smit (klarinet)

Johan Ferreira (Engelse Horing)

en Esther Watkinson (fagot).

Die klankopname is behartig deur Frik Wallis en die multi-kamera video opname deur die Artmusic.TV kameraspan onder die regie van Willem Vogel.

Willem Vogel skryf meer oor dié werk:

Op 8-jarige ouderdom is Carl Czerny (1791-1857) deur sy vader na Beethoven se huis geneem om vir hom voor te speel. Die groot meester was so beïndruk dat hy daarop aangedring het om vir die kind les te gee. Dit was die begin van ’n jarelange verbintenis tussen Czerny en Beethoven tot en met Beethoven se afsterwe in 1827.

Die video van Salon Music se aanbieding van Carl Czerny se verwerking van die Mozart Requiem vir klavierduet, met pianiste Wessel van Wyk en Willem de Beer, tydens die 2018 Paaskonsert in Brooklyn Teater,  is tot op datum wêreldwyd deur 137 000 mense op Youtube bekyk. Hierdie is die enigste opname van die werk, ter wêreld.

Tydens die jaarlikse Piano Extravaganza konserte, met 4 vleuels en 8 pianiste, is Czerny se oorspronklike werke, asook verwerkings met goot sukses aangebied. Onder andere sy groot Sonate vir 4 pianiste op 4 klaviere. ’n Regstreekse uitsending van so ’n produksie is met groot sukses vir RSG se Kunstefees 2014, vanuit M1A aangebied en dit is vrygestel op CD op die Salon Music etiket, in samewerking met RSG. Etlike honderde van hierdie skywe is sedertdien verkoop.

In 2002 is die eerste Carl Czerny Fees aangebied in Edmonton, Kanada, met die pianis, Anton Kuerti as stigter van die fees. Die fees is sedertdien jaarliks op die musikale kalender van die Edmonton Simfonie Orkes aldaar. Met die meer as 1000 werke wat Czerny geskryf het, is daar gewis hope repertorium om hierdie jaarlikse feeste se programme te vul.

Czerny se Nonet D.803 is in 1850 geskryf en die oorspronklike partituur en parte word gehuisves in die Stadsbiblioteek in Wene. In 1995 het die Consortium Classicum die werk vir die eerste keer opgeneem op die MDG plate-etiket. Die orkestrasie is vir 9 instrumente – ’n Klavier, klarinet, Engelse horing, fagot en strykkwintet. Dit is ’n werk vir solo klavier, met begeleiding deur 8 instrumente. Soos meeste Czerny werke, is die klavierpart tegnies hoogs uitdagend en kom dit eintlik oor as ’n klavier concerto in die ware sin van die woord.

Consortium Classicum se opname is die enigste bestaande klankdokument van die Nonet ter wêreld. Daar is sedertdien nog geen ander opname gemaak of op Youtube geplaas nie. Dit is waarskynlik a.g.v. die feit dat die bladmusiek baie moeilik bekombaar was. Dis nou buiten die die feit dat ’n hoogs vaardige pianis benodig word om die werk uit te voer.

’n Groot Czerny entoesias, F. Lee Eiseman, op die raad van die Harvard Musical Association in Boston in die VSA, het in 2019 aan Matthieu D’Ordine opdrag gegee om die bladmusiek van die Nonet uit die Weense Bibioteek, as gedrukte weergawe te transkribeer. Hierdie partituur en instrumentale parte is daarna gratis aan die publiek beskikbaar gestel op die Petrucci Musiekbiblioteek op die internet.

 

Luister ook na Salonmusiek se 2021 Kerskonsert: