Chinese tuig vind inligting oor water op Mars


Die Zurong Chinese ruimtetuig, wat ‘n jaar gelede op Mars geland het, het interessante inligting oor die teenwoordigheid van water op die planeet gevind. Die span bespreek die bevindings.

Die Voyager-ruimtetuie wat reeds ver buite die invloed van son deur die ruimte trek, het eienaardige geluide begin maak. Die beheersentrum probeer nou vasstel wat die telemetrie beteken.

Dit neem ‘n radiosein meer as 20 uur om die tuie te bereik. Dit neem dan ‘n verdere 20 uur om die sein terug te ontvang. So as jy werk met die ruimte dan is daar een groot woord en dit is GEDULD!