Die 3 foute wat tot die Listeriose uitbreking gelei het


Die listerium bakterie lyk soos ‘n gogga.

Gesondheid op RSG: Woensdag 21 Maart 2018

Daar is nog baie vrae oor listeriose. Watter voedselsoorte is onveilig en waar presies is die bakterie opgespoor? Wat beteken dit dat daar meer as een stam van die bakterie is? Waarom het die vervaardigers nie self die listeriose opgespoor nie? Hoe kan mens enige verwerkte kosse vertrou?

Marí Hudson gesels met dr. Juno Thomas (foto links), die wetenskaplike midde-in die toetsing en opsporing van die bronne van die listeriose-uitbreking.