Die ANC en die misdaadbase


“Die kriminalisering van die ANC het ‘n nuwe klas krygshere tot gevolg. Meer as 20 vragmotors is verlede week aan die brand gesteek op van die besigste hoofroetes in die land. Die krygshere wat sake doen met die regering en die ANC, is hiervoor verantwoordelik.” Só skryf professor Piet Croucamp in Vrye Weekblad.