Die ATKV-skryfskool op Potchefstroom is van die baan


Die ATKV-skryfskool het op 1 Januarie 1990 by die destydse PU vir CHO tot stand gekom. Die skrywer en akademikus, Hans du Plessis, was die eerste direkteur van die skool. Die sukses van die eerste slypskole daarvan het die universiteit en die ATKV daarvan oortuig dat daar weer sulke kursusse aangebied moet word, en dit word toe ‘n jaarlikse instelling by die PUK. Van die begin af is gevestigde Suid-Afrikaanse skrywers as aanbieders betrek. Ook die grootste Afrikaanse uitgewers was van die begin af betrokke. Nou blyk dit die einde is in sig.