Die groeiende son; die reis van die James Webb-teleskoop


Die son word beskou as ‘n gemiddelde ster, en soos wat die eeue aangaan word hy al hoe groter. Die span beantwoord die vraag of die intensiteit van die son se straling deur die eeue op een of ander manier gemeet is.

Die tog van die James Webb-ruimteteleskoop na die L2-punt word fyn dopgehou. ‘n Belangrike maneuver is uitgevoer toe die sonskerm van die teleskoop volledig ontplooi is. Die span verduidelik wat die L2-punt is.