Die jongste oor Alzheimer se siekte


Hoe verskil Alzheimer se siekte van ander soorte demensie? Wat loop verkeerd in die brein? Waar staan die wetenskap in die verstaan en behandeling van Alzheimers? Kan Alzheimer se siekte jou dood kos? Kan goeie slaappatrone help teen dié soort demensie?

Psigiater prof Renata Schoeman help ons om Alzheimer se siekte en demensie in die algemeen beter te verstaan.