Die Joshlin-saak en Tik
Die ontvoering van Joshlin Smith van Saldanha in die Wes-Kaap het die land geruk en Suid-Afrikaners se verbeelding aangegryp. Joshlin se ma en haar medebeskuldigdes is gister in die rondgaande hooggeregshof op Saldanha gevonnis.
Heindrich Wyngaard, uitvoerende voorsitter van Kaapse Forum, het gister ‘n protesaksie by die hof gelei. Hy sê daar is dieper, dwelmverwante kwessies aan hierdie saak wat belig moet word.