Die klank van Marstuig oor Marsklippe; Andromeda in November lugruim


‘n Voorstelling van die Perserverance Rover tuig

Sterre en planete 31 Oktober 2021

Het jy al gehoor hoe dit klink wanneer die metaalwiele van Perseverance oor die klippe van Mars ry? Ons speel ‘n paar opnames wat deur die aanboord-mikrofone van die Marstuig opgeneem is.

Daar is ook inligting oor wat daar in November in die hemelruim te sien is. Jy kan gerus probeer om die Andromeda-galaksie op die noordelike horison te sien. (https://www.space.com/16149-night-sky.html)

Matie Hoffman verduidelik hoe ‘n satelliet se verbyvlug ruimtewetenskaplikes laat kopkrap het.

Die Andromeda galaksie

Die posisie van die Andromeda galaksie op 5 November.