Die klank van versoening oor 85 jr van Afrikaanse radio


“Wanneer laas het jy die gelofte van Bloedrivier gehoor? Of die stem van Jan Smuts wat praat oor versoening in 1946?

In hierdie bydrae kyk Gustav Greyling hoe die tema van versoening en 16 Desember oor die 85 jaar van Afrikaanse radio oor die luggolwe uitgesaai is.

Jy hoor Jan Smuts, ‘n hoorbeeld oor die Slag van Bloedrivier, Freek Robinson, Antjie Krog, Desmond Tutu en Johann de Villiers met sy Libertaskoor. Dis saamgestel met behulp van Karen du Toit en Obakeng Phiri van die SAUK se klankargief. Die klank is versorg deur Danny Booysen.”