Die klassieke boek, Anne van Green Gables, kry lewe op RSG


RSG nooi luisteraars om weeksdae om 10:45 in te skakel vir die nuwe oggendboekvoorlesing.

Anne van Green Gables, die klassieke roman deur Lucy Montgomery, is vertaal in Afrikaans deur Jackie Lätti en uitgegee deur Naledi.

Hierdie geliefde storie, wat reeds vir meer as 100 jaar vertel word, neem jou na die betowerende wêreld van Anne, ‘n jong meisie met ‘n ontembare gees en ‘n ryk verbeelding. Sy neem jou saam op ‘n reis deur ‘n landskap omring deur elsbome en lanternblommetjies. Haar avonture, moed en meelewendheid sal jou oor styf teen die radio hou.

Laat Anne van Green Gables jou betower en jou verbeelding vlerke gee. Skakel in op RSG vir hierdie spesiale boekvoorlesing. Moenie die geleentheid mis om Anne te ontmoet nie, sy gaan vinnig diep in jou hart kruip.

Lees meer oor Anne of Green Gables: https://www.anneofgreengables.com/blog/how-anne-of-green-gables-has-affected-us-through-the-years

Lees meer oor die Kanadese skrywer Lucy Maud Montgomery: https://en.wikipedia.org/wiki/Lucy_Maud_Montgomery

Jackie Lätti sing ook, en wel gereeld saam met haar man Riku Lätti

Lees meer oor Jackie Lätti: https://www.diewasgoedlyn.co.za/portfolio/jackie_latti/