Die ossewa en sy spore


Vir byna 300 jaar was die ossewa in al sy gedaantes die enkel belangrikste vervoermiddel van mense en goedere in Suid-Afrika. Dit word deur baie beskou as ‘n simbool van Afrikaner Nasionalisme, maar die geskiedenis van die ossewa is veel meer as dit.

September is Erfenismaand, en ons het gister Erfenisdag gevier. Professor Erik Holm is ‘n bekende entomoloog en ekoloog, en een die voorste kenners van ossewaens in die land. Hy het ‘n monumentale boek oor die ossewa, DIE OSSEWA EN SY SPORE, so jaar of wat gelede die lig laat sien.