Die reise van die Voyager-satelliete


Voyager2

Die Voyager-satelliete is steeds onderweg van ons sonnestelsel af, en bevind hulle tans in die heliosfeer. Voyager 2 het onlangs probleme begin gee, en wou nie opdragte wat van die aarde af gestuur is, gehoorsaam nie. Ruimtewetenskaplikes het daarin geslaag om die satelliete, wat sowat 18-miljard kilometer van die aarde af is, weer aan die gang te kry.