Dink mooi voor jy emigreer


Dink mooi voor jy oppak en uit Suid-Afrika pad gee. Teen 2030 sal ‘n kwart van die wêreldbevolking in Afrika woon, wat baie geleenthede sal skep. En Suid-Afrika sal ‘n beter rigting inslaan, ondanks ontsabiliteit. Dít was die boodskap van Solidariteit se hoof van internasionale skakeling, Jaco Kleynhans, die afgelope naweek by die kongres van die Skoleondersteuningsentrum in Pretoria.