“Dis veiliger om in Oekraïne te bly as in SA”


Dis veiliger om die oorloggeteisterde Oekraïne te bly, as in Suid-Afrika. Dis die mening van die burgeregte-organisasie, Action Society, ná die aankondiging van die jongste misdaadstatistiek verlede week. In Suid-Afrika word elke 20 minute iemand vermoor, en byna elke 12 minute word ‘n vrou verkrag.

Ons praat met Ian Cameron van Action Society hieroor.