Duet is ons nuwe Sondagoggend-musiekprogram


Duet  is ‘n spinternuwe musiekprogam  wat op Sondagoggend 3 Maart om 10:00 op RSG begin en saamgestel word deur die musiekregisseur Ilse Schürmann, wat verlede jaar die gewilde reeks oor die Eurovision-liedjiekompetisie vir RSG geskep het.

Kom luister na duette uit operas, operette en musiekspele, aangevul deur ligte klassieke musiek. Daar sal ook ’n paar eietydse verrassings wees wat die musiekgrense gaan oorspoel.

Luisteraars  kan  onder andere luister na musiek uit die operette, Die Vrolike Weduwee, Andrew Lloyd Webber se Starlight Express, La Traviata van Verdi, en die pragtige Italiaanse juweel, Cinema Paradiso. Jonas Kaufmann, Elaine Page, 2 Cellos, Placido Domingo en die kitaarvirtuoos Eric Clapton sal onder andere in hierdie reeks gehoor kan word.

Duet word saamgestel deur musiekregisseur, Ilse Schürmann met Wihann Nel as die produksieregisseur. Christelle Webb-Joubert is die aanbieder. Duet kan gehoor word op Sondagoggende in Maart om 10:00 en daar sal geen potgooi beskikbaar wees nie.