‘Meer as 30000 vakante onderwysposte is nasionale ramp’


Daar is meer as 30 000 poste by skole wat vanjaar gevul moes wees, maar wat steeds vakant is. Hierdie poste sluit onderwysposte en ondersteuningspersoneelposte in. Die Skoolbeheerliggaamorganisasie, Fedsas, sê die versuiming van die departement van onderwys in die onderskeie provinsies om die poste te vul, kan ‘n nasionale ramp tot gevolg hê. Ons praat hieroor met dr. Jaco Deacon, die bestuurshoof van Fedsas.