Duisende vetplante weekliks gestroop


Tussen 3 000 en 70 000 vetplante word weekliks in die Noord-Kaap in die Karoo, Boesmanland en Richtersveld gesteel – en dis net die gevalle waarvan die owerhede bewus is. Volgens Voice of America het vetplantstropery die afgelope drie jaar dramaties toegneem, meestal vir die Chinese mark.

Dr. Carina Becker du Toit is ’n plantkundige, en sy sluit by ons aan.