En toe bots die Dart-satelliet teen die asteroïede


Daar was groot opgewonderheid toe die Dart-satelliet op 26 September teen ‘n asteroïde gebots het. Die botsing was daarop gemik om te sien of die tuig dit effens uit sy baan sou kon stoot. Twee Suid-Afrikaanse ondernemings speel ‘n rol in hierdie sending. Ons praat hieroor met Nic Erasmus van die SAAO en Rikus Cronjé van Dragonfly Aerospace.