Endometriose – kom by die regte dokter uit!


Het jy geweet dat die helfte van vroue wat sukkel om swanger te raak, endometriose het en maandeliks baie pyn verduur? Of dat die benadering dat ’n vrou met endometriose vier of vyf of selfs meer operasies op gereelde grondslag moet ondergaan om die endometriose te verwyder, nie aanvaarbaar is nie.

Marí Hudson gesels met Dr Gerhard Hanekom en prof Igno Siebert van die Aevitas Fertiliteitskliniek in Pinelands, Kaapstad.

Vir inligting hoe om vas te stel watter ginekoloë is opgelei om die ingewikkelde endometrioses operasies te doen, gaan na www.sasreg.co.za en stuur ‘n epos navraag. Of rig die navraag aan info@aevitas.co.za of bel prof. Siebert of dr. Gerhard Hanekom by 021 531-6999.

 

NB:
As jy bekkenpyn en infertiliteitsprobleme het, gaan sien jou dokter/ginekoloog.

As jy endometriose het en wil swanger raak en jy het reeds een operasie agter die rug, konsulteer ‘n fertiliteitspesialis met endoskopiese vaardighede.

Lees, kyk en luister ook:

https://www.rsgplus.org/gesondheid/endometriose-wat-jy-moet-doen-as-jy-2e-operasie-benodig/