Hoe word angstigheid behandel?


Wanneer is jy angstig of depressief genoeg om behandeling te soek? Kan jou huisdokter vir jou die beste middels voorskryf? Wanneer moet jy na ’n psigiater gaan? Waarom werk dieselfde middel teen depressie en angstigheid?

Marí Hudson gesels met Dr Eugene Allers, ’n psigiater verbonde aan SASOP (die SA Vereniging vir Psigiaters) wat ons ’n kykie gee op die behandelingsreis vir angs en depressie.