Kan ‘n mens gesondheids-advertensies glo?


Hoe weet mens watter gesondheids- of medisyne-advertensie om te glo? Wat is die verskil tussen medisyne wat dokters voorskryf en voedsel-aanvullers? Aan watter standaarde moet elk voldoen, en hoe mag elk bemark word? Watter genesings- of ander aansprake mag in advertensies op radio, TV en in  tydskrifte gemaak word?

Marí Hudson gesels in Gesondheidheid op RSG met prof George Claasen, hoogleraar in Joernalistiek, en dosent in wetenskap-joernalistiek, en ombudsman vir Media24, om meer duidelikheid vir luisteraars te vind. Die gesprek is om riglyne te gee, en nie soseer om spesifieke middels te bespreek nie.

Indien luisteraars verdere vrae oor gesondheidsaansprake van spesifieke middels, voedselaanvullers of produkte het, rig dit aan gesond@rsg.co.za vir ‘n opvolgprogram.

Webwerwe met inligting oor wetenskaplike navorsing

Om vas te stel of die voedsel-aavuller of natuurlike behandeling die siektes kan gesond kan maak of kan help vir kwale volgens die aansprake in ‘n advertensie gemaak word, kan op die volgende webwerwe gekyk word:

1. Quackwatch is ‘n webwerf waar ‘n mediese dokter, met die hulp van navorsers, studies oor middels en produkte nagegaan het en indien dié middels en produkte nie die dinge kan doen waarop hulle aanspraak maak nie, word die inligting op die webwerf gepubliseer.
http://www.quackwatch.org/

2. Pubmed is ‘n webwerf hoofsaaklik vir medici en mediese navorsers. Hier kan jy die sleutelwoorde insit oor die navorsing/middel wat jy soek en al die portuur-geëvalueerde navorsing oor die onderwerp sal opkom. Let wel dat dit in wetenskaplike taal is:
https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pubmed/

3. Die Cochrane biblioteek bevat inligting oor meta-analises: dit beteken dié instituut het letterlik na alle studies wat ooit oor ‘n onderwerp of middel gedoen is, nagegaan en die som van al dié studies bymekaar gesit – voordelig en nadelig – sodat die leser kan sien wat die feite van alle bevindings saam is. Dit is op wetenskaplikes gemik, maar ook vir leke.
https://www.cochranelibrary.com/

4. Camcheck is ‘n webwerf waar Suid-Afrikaanse mediese spesialiste, soos in Quackwatch, uitwys watter middels, voedselaanvullers of gesondheidsprodukte bemark word met sekere gesondheidsaansprake, nie kan doen waarop die advertensie aanspraak maak nie.
https://www.camcheck.co.za/

Wat is die verskil tussen geregistreede medisyne en voedselaanvullers?

Voorskrif en nie-voorskrif medisyne word in SA by die Suid-Afrikaans Beheerraad vir Gesondheidsprodukte (SA Health Products Regulatory Authority SAHPRA (https://pmg.org.za/committee-meeting/26138/) geregistreer en moet aan ses fases van streng wetenskaplikes toetse en studies voldoen, wat begin by laboratoriumtoetse, dieretoetse vir veiligheid en doeltreffendheid, of dit werk in die spesifieke verbinding en samestelling, die beste en veiligste terapeutiese dosis en middel-interaksies eers klein groep mense, en dan op meer as 100 mense, gevolg deur dubbelblinde kliniese studies op groot groep mense (dikwels meer as 1000 mense) dikwels in meer as een sentrum. Die vordering van die studies word voortdurend in portuur-ge-evalueerde mediese joernale gepubliseer sodat enige wetenskaplike dit kan beoordeel en insette kan lewer.

Van die eerste toetse totdat die medisyne by die FDA in Amerika of die Europese medisyneraad geregistreer word, duur dikwels sowat 10 tot 15 jaar. Die meeste medisyne wat in SA geregistreer word, is reeds deur die FDA en die Europese medisynebeheerraad goedgekeur is.

Die middels word geskeduleer volgens die impak op organe, veiligheid, newe-effekte en komplikasies sodat die middels wat die grootste negatiewe effekte kan hê as skedule 5, 6, 7 ens geskeduleer word, en dié wat oor die toonbank gekoop kan word, as skedule 1 en 2. Vanaf skedule 3 moet deur ‘n dokter voorgeskryf word, sodat oorgegebruik gemonitor kan word. Selfs sommige skedule 1 en 2 middels word deur aptekers gemonitor omdat oorgebruik op misbruik kan dui. Nadat dit geregistreer is en dokters dit mag voorskryf, moet dokters en aptekers enige nuwe newe-effek wat na uitreiking waargeneem word, aanteken sodat dit ook op die voubiljet aangebring kan word, saam met al die werkings, waarskuwings, doserings en newe-effekte wat reeds op die voubiljet is.

Voedsel-aanvullers sluit in vitamiene en antioksisante, omega-3, -6 en -9 aanvullers, natuurlike produkte soos St John’s Wort, dieet-poeiers en spierbou-poeiers soos USN, CSN, Slender Wonder, produkte soos glukosamien en vele meer.

Dit word nie by die SA Beheerraad vir Gesondheidsprodukte geregistreer word nie; die pogings wat aangewend word om registrasie te verplig, is maar flouerig omdat die vervaardigers van dié middels nie gretig is om hul middels aan dié toetsings te onderwerp nie.

Dus kan enige voedsel-aanvuller en natuurlike produk gekontamineer wees met ander stowwe, dit mag dalk stowwe bevat wat nie op die pakket aangedui is nie, of nie noodwendig alle aangeduide stowwe bevat nie. Die ontstellende waarheid in Suid-Afrika is dat die verbruiker geen 100% waarborg het dat dít wat hy/sy koop, wel is wat hy dink hy koop nie. Al wat hy kan doen, is om op die vervaardiger se etiek te vertrou.
Met die geval van die onlangse Listeriose uitbreking in verwerkte vleisprodukte, was meer maatreëls in plek as met voedsel-aanvullers en die volgende maatreëls was in plek, maar het misluk:
– die vervaardiger se etiek
– basiese gesondheidsmaatreëls in die fabriek, en gereelde toetsings wat die vervaardiger self moes nakom, maar versuim het
– Gesondheidsinspekteur van die provinsie en streek wat nie die nodige toetse en inspeksies gedoen het nie
– Die LUR van die provinsie wat nie seker gemaak het dat die betrokke staatsgesondheidsdepartement die fabrieke inspekteur en toetse doen nie.

Natuurlik vs Chemies

Dié debat is altyd vurig, maar die grense is baie vaer as wat die meeste mense besef?

Het jy geweet:
* sowat 90% van alle bestanddele in medisyne kom oorpronklike van plante en is dus eintlik

Feite oor die bemarking van medisyne, voedselaanvuller en ander gesondheidsprodukte

Geregistreerde Medisyne – dit moet ‘n voubiljet met alle inligting bevat.
Alle inligting op die voubiljet is gegrond op al die navorsing (hierbo bespreek) en dus op soliede wetenskaplike bewyse gegrond.
Geen voorskrifmedisyne mag by die naam in lekepublikasies bemark word nie – geen antibiotika se naam, antidepressant se naam, geen asmalmiddel se naam, nie eens Viagra se naam nie – want geen druk van enige pasiënt mag die dokter of apteker se mediese oordeel beïnvloed nie.
Voedsel aanvullers – se aansprake dikwels op ad hoc aantekeninge gegrond of ekstrapolasies gegrond.
Verreweg die meeste spesifieke middels is nie getoets vir die spesifieke aansprake nie – bv as druiwepit-ekstrak in ‘n laboratorium of in proefdiere as ‘n anti-oksidant optree, en ander studies het gewys anti-oksidante is goed vir selle se metabolisme, is dit nie te sê dat dit saam met die kombinasie van die middel waarin dit bemark word, wel as anti-oksidant optree nie, want die toetse is nie op die spesifieke middel gedoen om dit te bewys nie.Let ook op dat studies inderdaad wys dat die beste manier om antioksidante in te neem, is deur vars vrugte en groente en nie deur enige vitamienpille nie.

Voorts waarsku niemand gebruikers van bv dat die druiwe-ekstrak middel ‘n antistol bloedverdunnings-effek het en saam met Warfarin-gebruik tot bloedings kan lei, en dat dit dit beheer van Warfarin-vlakke (INR) baie negatief kan beïnvloed. Dieselfde geld wat bloedverdunning betref vir St Johns Wort, Ginseng en Gingko Biloba, wat dus ook bloedings met operasies kan veroorsaak nie. Ook moet in ag geneem word dat St John’s Wort aktiewe bestanddele bevat soortgelyk aan Mono-amien-oksidasie Inhibititor (MAOI), wat ‘n baie outydse antidepressant is. Dit sal dus help teen depressie, maar MAOI word nie meer deur dokters gebruik nie omdat dit ander medikasie of ooraktief kan maak of glad nie laat werk nie.

Dikwels gebruik vervaardigers van voedsel-aanvullers die argument dat daar baie studies gedoen is, maar as mens die publikasies deeglik bestudeer, is geen of min in ‘n publikasie in portuur-geëvaluseerde mediese joernale, maar dikwels in die bedryf se eie joernale waar die studies nie deur ander wetenskaplikes geëvalueer is nie.

Dikwels argumenteer die vervaardiger of verbruiker dat die produk goed is omdat ‘baie dokters’ dit gebruik, maar alle dokters is nie ewe slim of goed nie.

Moenie dat die gebruik van ‘n handvol wetenskaplike en mediese terme jou flous nie.
Let wel dat die placebo-effek ook in ag geneem moet word, en wel byvoorbeeld tot matige verligting van pyn of ander simptome kan lei. Indien ‘n voedsel-aanvuller soos byvoorbeeld glukosamien of MSM – waarvoor tans nie voldoende wetenskaplike bewyse bestaan dat dit help teen artritis en -pyn nie, wel die gebruiker makliker laat beweeg en sy inname van Nie-steroïede anti-inflammatoriese (NSAID’s) verminder, het dit wel ‘n voordeel, indien dit nie ander newe-effekte het nie en veilig is. Studies by die Universiteit van Stellenbosch het byvoorbeeld getoon dat die alkaliese poeier van Dr A Vogel daartoe lei dat artritis-pasiënte minder  NSAID’s benodig om pyn te beheer.

Watter aansprake kan nie oor ’n voedsel-aanvuller gemaak word nie?

Geen voedsel-aanvuller of gesondheidsproduk wat nie by die SA beheerraad vir Gesondheidsprodukte as medikasie geregistreer is nie, kan streng gesproke enige aansprake maak oor behandeling of genesing van siektes of simptome van siektes nie.

Dus kan geen advertensie van ‘n voedsel-aanvuller byvoorbeeld aandui dat:
– dit noodsaaklik is vir goeie gesondheid nie,
– dat dit al middel is – dus kan jy jou voorgeskrewe medisyne los – wat jy nodig het om jou bloedcholesterolvlakke in toom te hou en dus kan jy eintlik kan eet soos jy wil,
– dat dit beslis artritis pyne kan verlig nie,
– dat spierbou-poeiers goed is vir kinders nie, want geeneen is getoets op kinders nie,
– dat plakkers of ‘n voetbad die toksiene uit jou lyf kan trek nie,
– dat een masjien jou vir 100e of 1000e siektes kan toets en behandel (en dus alle dokters en die hele mediese beroep oorbodig maak) nie, soos die aansprake van die Scio-masjien,
– dat ‘n middel jou vet gaan verbrand nie, want daar bestaan nie so ‘n middel nie,
– dat ‘n middel jou bloed alkalies of suur kan maak, want indien jou bloed nie ‘n sekere pH is wat deur jou liggaam gereguleer word nie, sal jy siek word en doodgaan.

Watter aansprake kan nie oor voedsel-aanvuller gemaak word nie?

As die voedsel-aanvuller of gesondheidsproduk by die SA beheerraad vir Gesondheidsprodukte as medikasie geregistreer is en alle toetse ondergaan het (geeneen in SA is wel hier geregisteer nie), kan die wetenskaplik bewese aansprake oor behandeling of genesing van siektes of simptome van siektes in die advertensie bekend gemaak word.

Sonder die nodige registrasie as medikasie, kan dit nie spesifieke gesondheidsaansprake maak nie, buiten om te sê dat dit dalk goed kan wees vir jou gesondheid, en om die studies wat wel op die middel gedoen is, aan te haal indien dit in ‘n portuur-geëvalueerde mediese joernaal gepubliseer is, en te meld op hoeveel pasiënte dit gedoen is. Indien dit nie in ‘n portuur-geëvalueerde mediese joernaal gepubliseer is nie, mag die vervaardiger/bemarker streng gesproke geen mediese aansprake maak nie en ook nie dat dit op ‘wetenskaplike navorsing’ gegrond is nie.

As die aanspraak gebaseer is op ‘n gebruiker se brief, moet dit uitgespel word dat dit ad hoc menings is van hoe die middel werk en nie op enige aanvaarbare wetenskaplike studies nie. Dan kan onder geen omstandighede gesê word dis op ‘wetenskaplike navorsing’ gebaseer nie.

As ‘n middel soos byvoorbeeld Biostrath op meer as 100 kinders met ADHD in Nederland getoets is, en die studie was wetenskaplik aangepak, en die middel wys dat die kinders se gedrag verander het, kan inderdaad genoem word presies hoe die kinders se gedrag verander het, en watter persentasie van kinders se gedrag verbeter het.

As enige voedsel-aavuller aanspraak maak op behandeling, genesing of verbetering van enige mediese toestand, kan die publiek, redakteur, of enige belangstellende die volgende vrae stel:

1. Wat is die wetenskaplike bewyse vir die aansprake?
Slegs publikasies in portuur-geëvalueerde mediese joernale tel as bewys-gebaseerde wetenskaplike navorsingstudies en -bevindings. Dié joernale sluit in: Lancet, JAMA (Journal of the American Medical Association), British Medical Journal, South African Medical Journal (SAMJ), Nature, om net enkeles te noem.

2. Is dit in die openbare belang dat die korrekte, wetenskaplike feite bekend gemaak moet word?

3. Is dit in finansiële belang van die vervaardiger/bemarker om die korrekte wetenskaplike inligting indien dit verskil van die aansprake van die vervaardiger/bemarker. Kan die verswyging van die korrekte inligting neerkom op misleiding of bedrog deur die vervaardiger/bemarker?

Interessante feite

William Nelson, fopdosser in Bulgarye en uitvinder van die Scio masjien.

Die Scio masjien
Die Scio masjien, wat nou die Indigo masjien genoem word sodat die uitvinder van omstredenheid en hofsake kan ontsnap, is verbied in Amerika en Kanada. Dié masjien kan vogens die uitvinder se aansprake meer as 1000 siektes volgens die ‘pasiënt’ se elektromagnetiese strome diagnoseer en die behandeling voorskryf. Tot dusver kon geen wetenskaplike bewys vir enige van die uitvinder se aansprake gevind word nie.

Die uitvinder van die masjien is William Nelson, wat sy kwalifikasies wanvoorgestel en oordryf het. Hy het uitgewyk na Bulgarye, waar hy ook ‘n fopdosser is. Die gereelde Scio konferensies wat hy aanbied, herinner sterk aan video-grepe van Scientology konferensies.

Nelson verander ook voortdurend die masjien se naam om slegte publisiteit te ontsnap: eers EPFX, toe QXCI, toe Scio en nou die Indigo masjien.

Gervan Lubbe in 2012

Die pynmasjien

Wie onthou nie die telefoontegnikus Gervan Lubbe, wat met sy ‘pynmasjien’ aanspraak gemaak het dat hy pyn kan beheer met dié masjien, asook om kwansuis malaria op te spoor. Baie Suid-Afrikaners het vir dié foefie geval, en Lubbe het baie geld gemaak. Tot wetenskaplike navorsing onomwonde getoon het dat die pynmasjien net ‘n foefie is, en die malaria-horlosie wensdenkery is. Lubbe is in 2012 tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy aan bedrog skuldig bevind is.

http://www.quackdown.info/article/gervan-lubbe-fraudster-who-promoted-pseudo-science-and-media-believed-him/

Ander

Osoonmasjiene, wat deur die FDA in Amerika verbied is, en osoon-terapie se veiligheid is nie bewys nie: https://www.youtube.com/watch?v=b4PTHg1JGgE
Baie keer word omstrede masjiene wat bv vir Allergie-toetse gebruik word, in SA bemark as FDA-goedgekeur, maar dan is die gebruik van dié masjiene in die diagnose en behandeling van allergieë glad nie deur die FDA goedgekeur nie.