Groot vooruitgang in miëloom-behandeling


Groot vooruitgang is die afgelope dekade gemaak in die behandeling van miëloom, een van die drie hoofsoorte bloedkanker. Nuwe middels soos immunoterapie het reeds die oorlewingsyfer van miëloom van 2 jaar sowat 10 – 15 jaar gelede, verhoog tot 10+ jare vandag. In die toekoms kan dié syfer nog verder verbeter sodat miëloom wat vroeg opgespoor word, ‘n siekte kan word wat op die langtermyn bestuur moet word, het prof Vernon Louw, hoof van kliniese hematoloog by die Groote Schuur-Hospitaal en die Universiteit van Kaapstad, gesê.

Luister Woensdag om 11:30 na die gesprek met prof Louw oor miëloom.