Hans is terug op RSG!


Die nimlike Hans van Kraaieneburg is terug en “bars die bioborrel”!

Rudi van Rensburg se derde roman oor Hans en sy vriende se kaskenades in die Huis Madeliefie aftreeoord, Hans bars die bioborrel is RSG se nuwe oggendboekvoorlesing vanaf 27 Junie.  Die leser is weer Tobie Cronje.

Toe die president die Vlak 5 inperkings aankondig, het die aftreeoord sy eie maatreëls, en sy eie bevelsraad, ingestel om te verseker die virus bly buite.  Maar Hans en sy vriende laat hulle nie so inperk nie, en beraam allerhande planne, insluitend ‘n tuisbrouery.  Dit het noodwendig allerhande gevolge!

In tye van hoë brandstofpryse en stygende inflasie; korrupsiewolke en politieke woelinge is Hans en sy vriende se manewales net die ding om ‘n glimlag, of ‘n skaterlag te verseker.

RSG se oggendboekvoorlesing, weeksdae, 10:45 in Alhoebekker.