Het Prins Harry homself in die voet geskiet?


Prins Harry se veelbesproke boek, SPARE, is amptelik te koop nadat byna al die inhoud reeds uitgelek het. Dit behoort egter steeds ‘n wegholsukses vir die prins te wees. Hy loop deur onder ‘n magdom kritiek omdat hy so baie persoonlike en private inligting oor sy familie uitgelap het in die boek en in drie TV-onderhoude daaroor. Sy stiefma en die media is duidelik nie sy gunstelingmense nie. Hoe groot is die skade aan die reputasie van die Britse koningshuis? Of het Prins Harry homself in die voet geskiet? Ons praat uit Brittanje met die strateeg, dr. Thomas Oosthuizen, ‘n kenner van handelsmerke en reputasiebestuur.