Heupvervangings kan lááánk hou


Dr Callie Ackerman

Heupvervangings kan 20 jaar plus hou, en mense kan ná ‘n goeie heupvervanging weer draf, fietsry en ‘n aktiewe lewe sonder pyn lei.

Ons ken almal iemand wat ‘n heupvervanging ondergaan het, maar besef ons wat dit presies behels? Marí Hudson het met dr. Callie Ackermann, ortopeed by Netcare Blaauwberg, gesels oor heupvervangings.

Want ‘n heupvervanging is glad nie ‘n kwessie van oopsny, inkap en toewerk nie. Dit verg fyn beplanning, die bestudering van die regte hoeke soos in meetkunde, goeie kennis van fisiologie en anatomie, aanvoeling van gewrigsfunksionering en ‘n veel fyner aanslag as wat mens besef.

Luister na Gesondheid op RSG om 11:30 – 12:00.

Vir meer inligting oor heup- en knievervangings:
https://capetownhipkneesurgeon.co.za/