Hoe gaan Nasa die ISS aarde toe bring?


NASA beraam planne oor hoe om die Internasionle Ruimtestasie, wat 400 km van die aarde af wentel, af te bring aarde toe. Jim Adams verduidelik wat die planne is. Lees meer oor die ISS: https://www.nasa.gov/reference/international-space-station/

Dis vandeesweek Wêreld Ruimteweek. Ons hoor wat alles in Suid-Afrika beplan word.

Die gruismonster wat Osiris Rex laasweek suksesvol aarde toe gebring het, het groot opslae gemaak. Jim Adams vertel van sy aandeel aan die projek. Hy praat ook oor Osiris Rex se volgende teiken, die asteroïede Apophis.

Die ISS