Hoe giftig is knopiespinnekoppe, selonsrose, siringabessies, skerpioene en slange werklik?


Kan ’n knopiespinnekop jou doodbyt? Hoe gevaarlik is ’n selonsroos en siringa-bessies werklik? Hoe weet mens die skerpioen wat jou bygedam het, is giftig? Moet jy slang-teengif by jou dra as jy veld toe gaan?

Mari Hudson gesels met Carine Marks, toksikoloog en direkteur van die Tygerbergse Gifinligtingsentrum om uit te vind watter vergiftigings hulle die meeste bekommer.

Dié sentrum het nuwe gifinligtingskaarte saamgestel in al elf landstale. Klik hier om die Afrikaanse weergawe van die gifinligtingskaart af te laai.

Die landwye vergifting-hulplyn: 0861 555 777.

Kontakbesonderhede vir die Tygerberg-gifinligtingsentrum:

24-uur-noodnommer: 0861 555 777
E-pos: toxicology@sun.ac.za
Webwerf: www.sun.ac.za/poisoncentre

Hier is enkele interessante feite

As jou kind paraffien gesluk het
Moenie die kind laat braak nie. Dit kan longaantasting veroorsaak. Kom so gou moontlik by ‘n hospitaal uit.

Giftige plante
Jy moet baie eet voordat dit jou siek gaan maak. Dit kan brand – soos bv olifantsoorblare wat gekou word – maar sal nie noodwendig doodmaak nie. Die syringabessie word heel uitgeskei.

Varkore – dis nie so giftig nie. Brand net as jy dit kou. Gee romys.

Dieffenbachia. Weens die kalsiumoksalaat kristalle in die blare, brand die mond erg as jy dit gekou het. eeet roomys.

Selonsroos – moet baie groot hoeveelheid eet voordat dit ‘n probleem is.

Siringabessies is nie gevaarlik nie omdat die harde buitedoppie nie in die spysverteringstelsel deurgebreek word nie. In vee is dit gevaarlik.

Delicious Monster

Spinnekopbyte
As jy nie die spinnekop gesien het nie, kan jy nie sê dis ‘n spinnekop-byt nie. Jy gaan nie gate in jou lyf val ná ‘n byt deur ‘n viooltjiespinnekop, wat sitotoksies is, nie.
‘n Knopiespinnekop se byt is neurotoksies.

Die swart knopiespinnekop

Die rooi merkie aan die onderkant van die knopiespinnekop.

Oor bloublasies
Krap die angels af met ‘n kredietkaart of iets soortgelyk. Spoel af met seewater – gewone water sal die brand vererger. En klim later in ‘n warm bad wat die pyn sal laat bedaar.

Die bloublasie se tentakels brand jou as die klein angels aan jou vel raak. Krap die angels af met ‘n plat ding soos ‘n kredietkaart, spoel af met seewater en klim dan in ‘n warm bad. Gewone water sal die brandaksie aktiveer.

Die bloublasie se tentakels brand jou as die klein angels aan jou vel raak. Krap die angels af met ‘n plat ding soos ‘n kredietkaart, spoel af met seewater en klim dan in ‘n warm bad. Gewone water sal die brandaksie aktiveer.

Geelstert

Tuna

Oor slange en slangbyte
Vergeet van die slangteengif. As jy nie die regte teengif teen die regte slang gebruik nie, kan die teengif jou doodmaak. Bel die hulplynnommer, hou die pasiënt so stil as moontlik sodat die gif nie versprei nie, en kom by jou naaste hospitaal uit. Laat hulle weet jy is oppad.
Geen toerniket, geen uitsuig van slanggif nie – dit help niks.
10% van slange in SA is giftig.
Neurotoksies = Kaapse kobra en mamba – respitoriese nood, kan nie sluk, oë val toe
Sitotoksies = pofadder, gaboenadder, Mosambiekse spoegkobra – gee weefselskade
Hemotoksies = boomslang – gee bloeding inwendig
Sitotoksies en neurotoksies = bergadder

Die boomslang se gif is hemotoksies. Maar gelukkig is die boomslang redelik vriendelik en byt hy nie sommer vir die lekker nie.

Die boomslang se gif is hemotoksies. Maar gelukkig is die boomslang redelik vriendelik en byt hy nie sommer vir die lekker nie.

Die Kaapse Kobra kan geel of bruin wees en sy gif is neurotoksies wat baie gou tot asemhalingsprobleme kan lei.

Die Kaapse Kobra kan geel of bruin wees en sy gif is neurotoksies wat baie gou tot asemhalingsprobleme kan lei.

Die pofadder se gif is sitotoksies wat beteken die weefsel begin dood te gaan.

Die pofadder se gif is sitotoksies wat beteken die weefsel begin dood te gaan.

Oor skerpioensteke
Dis die klein skerpioen met die klein voelers en groter stert, wat meer giftig is. As die knypers groot is, is die skerpioen waarskynlik nie so giftig nie. Kom so vinnig moontlik by die naaste hospitaal.

Parabuthus granulatus is die giftige een.

Screen Shot 2016-09-07 at 11.53.59 AM

Lees en luister ook na Deel1 van die gesprek oor Vergiftiging:

Hoe gevaarlik is oordosering met parasetamol, antihistamiene, ysteraanvullers, motbolle, Two-step?