Hoe werk bloedstolling


Hoe werk bloedstolling? Waar pas bloedplaatjies, kollageen en vitamien K in die hele proses in? Hoeveel bloed kan jy verloor, en nog lewe? Hoe werk bloedstolling sodat jy nie leegbloei as jy jou vinger sny nie?  Wat het jou beenmurg, lewer, niere en longe met bloedvorming, – stolling en –regulering te doen?

Aanbieder Marí Hudson gesels met ‘n mediese fisioloog om antwoorde op dié vrae te vind.