Hoe laat Marlene Dumas-werk wêreldrekord spat?
‘n Skildery wat die Suid-Afrikaanse kunstenaar, Marlene Dumas, in 1997 geskilder het, is verlede week vir ‘n bedrag van $13,6 miljoen op ‘n veiling in New York verkoop. Die transaksie beteken Dumas se werk hou weer die rekord as die duurste kunswerk van ‘n lewende vrouekunstenaar in die wêreld. Die skildery, MISS JANUARY, was deel van die versameling van Mera en Don Rubell, stigters van die Rubell-museum, en is aan ‘n anonieme koper verkoop op ‘n veiling van Christie’s. Om met ons hieroor te praat sluit kunskenner Wilhelm van Rensburg van Strauss & Co. by ons aan.