Hoe veilig is ‘n mens in Suid-Afrika?


Suid-Afrika het die afgelope maand deurgeloop onder verskriklike misdade en veiligeidsmislukkings, waarvan heelparty in township-tavernes.

Ian Cameron van Action Society het verlede week ‘n internetsensasie geword toe hy minister Bheki Cele gekonfronteer het met alles wat skeefloop in die polisiediens.

Die minister het teruggekap soos ‘n beer met ‘n seer tand. Ian Cameron sluit by ons aan om te praat oor hoe veilig Suid-Afrikaners in die algemeen is.