Hoe verhoed jy dat iemand eksplisiete foto’s van jou versprei?


Wat is jou regte om te verhoed dat jou eks-kêrel eksplisiete foto’s van jou versprei? Het jy regte en hoe werk dit?

In Regsake Igna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor ‘n hofsaak van ‘n vrou teen haar voormalige kêrel om hom te verbied om eksplisiete foto’s van haar te versprei.

Hulle bespreek ook:

– die verpligting om binne ‘n seker tyd te bou in sommige nuwe ontwikkelings;
– wanneer ‘n gevangene vir parool in aanmerking kom;
– en die toelaatbaarheid van psigometriese toetse deur werkgewers.