Hoe werk genetiese raadgewing?


‘n Mens hoor dikwels ‘n siekte is oorerflik. Genetika kan dus ‘n groot rol in siektetoestande soos kanker, demensie en hartsiektes speel. Om vas te stel wat jou kans is om ‘n siekte te kry, as jy byvoorbeeld ‘n familiegeskiedenis van die siekte het, kan jy ‘n genetiese raadgewer gaan sien. Maar hoe werk die proses?

Om met ons te gesels hieroor, sluit Frieda Loubser, ‘n genetiese raadgewer van Cape Town Genetic Counselling by ons aan.