Hoekom blok Nersa versterking van Eskom se transmissie-uitbreiding?


Dit wil voorkom of die versterking van Eskom se kragnetwerk ‘n knou gekry het toe die Nasionale Energiereguleerder, NERSA, nie die oordrag van Eskom se transmissielisensie na ‘n nuwe filiaal van Eskom wou goedkeur nie.

Daar word al jare gepraat en beplan om Eskom in drie maatskappye te ontbondel, waarvan die transmissiemaatskappy een is. Bykomende transmissiekapasiteit is dringend nodig, veral as groot en nuwe hernubare-elektrisiteitsopwekking aanlyn moet kom.

Om hieroor te praat, sluit Rapport se spesialisjoernalis, Antoinette Slabbert, by ons aan.