Hoekom is ‘n swartmamba se gif so dodelik?


‘n Swartmamba is baie giftig. Hoekom? Wat is die bestanddele van die gif van die swartmamba?

Dit is een van die vrae wat wetenskaplikes beantwoord in Hoe verklaar jy dit? onder leiding van Chris Swanepoel.

Die wetenskaplike verduidelik dat ‘n swartmamba se gif ‘n volwasse mens binne sowat 45 minute sal aantas, en dat daar darem 7 tot 8 ure speling is voordat dit dodelik is, en dat daar dus tyd is om na ‘n hospitaal te jaag.

Die ander vrae wat beantwoord word, is:

– Hoe vind genetiese afwyking plaas?
– Wat veroorsaak knoppies op die blare van melkhoutbome by Franskraal?