Hoekom stamp Gwede en mynmaatskappye steeds kop?


Meer as twee dekades nadat die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne bekragtig is, stamp die regering en mynmaatskappye steeds kop.

Die minister van minerale en energie, Gwede Mantashe, het die bedryf onlangs daarvan beskuldig dat dit teen transformasie gekant is weens hofsake oor die wet.

Om met ons hieroor te praat, sluit Bernard Swanepoel, mynbouswaargewig en voormalige bestuurshoof van Harmony Gold, by ons aan.